Archer hoop om reg te wees vir die T2-Wêreldbeker

Engeland se snelbouler, Jofra Archer, het erken hy sal sukkel om enige nuwe beserings te hanteer. Hy word deur ʼn magdom fiksheidsprobleme geteister sedert hy die internasionale kriekettoneel in 2019 betree het. Archer het in Mei verlede jaar laas mededingende krieket gespeel ná ʼn herhaalde stresfraktuur in sy regter-elmboog. Hy sê hy hoop om gereed te wees vir die T20-Wêreldbeker wat in Junie in Amerika en sy tuisland, die Karibiese Eilande, plaasvind.