So werk ‘n polisie beampte mos!

Khaos, een van die staatmaker-beamptes van die honde-eenheid, is weereens geprys as kampioen-jagter van gewere. Hy is al 4 jaar deel van die Stad Kaapstad se metropolisie. Khaos en sy hanteerder het ‘n pistool opgespoor tydens ‘n soektog in ‘n oopte in die misdaadgeteisterde voorstad Ocean View. Die soektog is uitgevoer toe beamptes twee mans […]

Read More

Volksmoord: gesprekke duur voort

Onderhandelings in verband met die volksmoord duur onverpoosd voort ten spyte van verskeie vertragings as gevolg van die pandemie. Die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila het in Maart die opwaarts aangepaste aanbod deur die Duitse regering verwerp. Die geld is in die vorm van implementering van projekte in die land aangebied. Dit is nie […]

Read More

Boer verdink daarvan dat hy plaasaanvallers versteek

‘n Vrystaatse boer en twee burgers van Lesotho sal Maandag weer in die Landdroshof verskyn. Die boer, Thabo Mnguni, word beskuldig dat hy Selimo en Leponesa Tsoeute gehelp het om te ontsnap nadat vyf familielede vroeër hierdie maand by hul huise in QwaQwa geskiet is. ‘n Elf-maande-oue baba is met ‘n knopkierie in die gesig […]

Read More

Otji se mense kan nie betaal nie

Die Otjiwarongo Munisipaliteit is onder erge druk om dienste aan sy inwoners te lewer en het ook aangekondig dat inwoners meer as 50 miljoen Namibiese doller aan die plaaslike owerheid in uitstaande water en ligte rekenings skuld. Luidens die jongste berigte is die meerderheid van die uitstaande skuld, 60 persent, inwoners van informele nedersettings. Verder […]

Read More

Repokoers onveranderd op 3,75%

Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee het die bank terugkoopkoers onveranderd gehou op 3,75 persent. Die Goewerneur van die Bank, Johannes !Gawaxab het die agtergrond tot die besluit so verwoord…

Read More

Namdia-waardasies: AR sê publiek moet geduldig wees

Die Regstellende Herposisionering Beweging sê die publiek moet geduldig wees omdat hy nog ondersoek instel na die kontrak oor die waardasie van diamante by die staatsbeheerde Namdia. Die beweging se leier Job Amupanda het homself gister in ‘n verleentheid gestel toe hy verskeie ernstige aantygings oor korrupsie in die verband gemaak het wat toe op […]

Read More

EFF lê klag van korrupsie teen Gordhan

Die Visepresident van die EFF, Floyd Shivambu, gaan vandag ‘n saak van korrupsie teen die buurland se Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, by die Hillbrow-polisiekantoor in Gauteng indien. Die party sê die minister het ‘n geheime vergadering met Hoofregter Mogoeng Mogoeng gereël en probeer om die aanstelling van regters te beïnvloed. Mogoeng het onthul […]

Read More

SA poskantoor is bankrot

Daar is bevind dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor kommersieel bankrot is. Die buurland se Ouditeur-Generaal het bekend gemaak dat die staatsonderneming verliese van meer as 1,7 miljoen Namibiese doller gely het terwyl sy laste sy bates met 1,5 miljard Namibiese doller oorskry het. Daar is bevind dat die SAPK nie behoorlike boekhouding ingestel het om te […]

Read More

Nuwe voertuie verkoop effe beter, maar is steeds swak

Daar is 908 nuwe voertuie wat in Maart verkoop is, ‘n toename van 1,68 persent op ‘n maandgrondslag. Volgens IJG Sekuriteite wat die syfers bekend gemaak het verteenwoordig die verkope ‘n 20,3 persent toename teenoor voertuie wat in Maart 2020 verkoop is. Daar is 2 494 voertuie in die eerste 3 maande van die jaar […]

Read More

Spekbome vir Aarde-dag

Aarde-dag word weer volgende Donderdag gevier. ‘n Raadslid van die Stad Tshwane, Marike Kruger-Muller, en die Burgmeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Dana Wannenburg, gaan as deel van die metro se bydrae spekbome aan meningsvormers in die stad uitdeel. Kruger-Muller sê sy het die veelsydige plant gekies om bewaring aan te moedig:

Read More