EFF lê klag van korrupsie teen Gordhan

Die Visepresident van die EFF, Floyd Shivambu, gaan vandag ‘n saak van korrupsie teen die buurland se Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, by die Hillbrow-polisiekantoor in Gauteng indien. Die party sê die minister het ‘n geheime vergadering met Hoofregter Mogoeng Mogoeng gereël en probeer om die aanstelling van regters te beïnvloed. Mogoeng het onthul hoe Gordhan in ‘n vergadering probeer uitvind het hoe ‘n kandidaat, Regter Dhaya Pillay, in ‘n onderhoud gevaar het.