
SAPS word ondersoek na skietdood van verdagte - January 4, 2022
Dit is nie net plaaslik wat die polisie beskuldig word van hardhandige gedrag teenoor lede van die publiek nie. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat in Suid-Afrika ondersoek ‘n man se dood ná polisie-optrede in KwaZulu-Natal. Die 34-jarige-man het na bewering Saterdag sy vriendin doodgesteek naby Durban. ‘n Woordvoerder van die direktoraat, Grace Langa, sê die polisie het […]
Geen uitsluitsel oor Kunene-salarisse nie - January 4, 2022
Werknemers by die Kunene-streeksraad win op die oomblik regshulp in omdat hulle steeds nie betaal is nie. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê die fondse vir salarisbetalings is reeds op 21 Desember oorbetaal aan die raad. Die raad het volgens berigte beslis om nie salarisse te betaal nie en die besluit is reeds […]
Dakar: Giniel met 5 minute gestraf - January 4, 2022
Giniel de Villiers van Toyota is met vyf minute gestraf omdat hy nie stilgehou het by ‘n motorfietsryer wat hy tydens Sondag se eerste skof van die Dakar-tydren gestamp het nie. Dit sal waarskynlik tot gevolg hê dat die Suid-Afrikaner van die vierde na die sesde plek afskuif op die algehele punteleer. De Villiers het […]
Erongo-goewerneur se 2022-boodskap - January 4, 2022
Alhoewel Namibiërs 2022 met ope arms verwelkom, is die pandemie steeds ‘n bedreiging. Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre maan Covid-19 is steeds in ons midde. Hy sê hy hoop 2022 bring nuwe energie aan Namibiërs.
Daar moes wagte by parlement gewees het - January 4, 2022
Die Suid-Afrikaanse vakbond Nehawu sê hy het met skok verneem dat sy lede nie aan diens was toe die verwoestende brand by die parlement uitgebreek het nie. Die werkers is na bewering aangesê om op te hou werk oor naweke en vakansiedae, weens begrotingsbeperkings. Die vakbond se woordvoerder, Themba Gubula, eis antwoorde oor hoekom daar […]
Tweeling in verskillende jare gebore - January 4, 2022
‘n Amerikaanse tweeling is in twee verskillende jare gebore – die een net voor middernag op Oujaarsaand en die ander een ‘n paar minute later op Nuwejaarsdag. Fatima Madrigal en Robert Trujillo se seun Alfredo Antonio is Vrydagaand 15 minute voor twaalf in Kalifornië gebore terwyl hulle dogter Aylin Yolanda om middernag haar opwagting gemaak […]
Vyf vas vir die slag van stoet-kudde - January 4, 2022
Uitdagings met veediefstal duur voort regoor die land en daar was vanjaar ‘n rekordgetal aangemeld met meer as 3 160 gevalle wat in 2021 bevestig is. In die jongste voorval is ‘n bul en twee koeie met pangas op ‘n plaas naby Kalkveld geslag. Die diere is onlangs ten duurste by ‘n teler aangekoop. Vyf […]
Staat gaan appelleer teen Gustavo se borg - January 4, 2022
Die aanklaer-generaal Martha Imalwa gaan appelleer teen die borg wat aan die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo toegestaan is. Regter Herman Oosthuizen het op 15 Desember borg van 800 000 Namibiese dollar toegestaan wat onmiddellik in kontant betaal is. Volgens Imalwa het Oosthuizen fouteer en het nie ‘n gepaste bevinding gemaak nie. Die opdrag van die regter […]
Gr 11 eksamens begin Maandag – alles is gereed - January 4, 2022
Donderdag moet alle Namibiese onderwysers terugkeer skool toe en op Maandag 10 Januarie moet leerders weer op die skoolbanke wees. Graad 11-leerders sal dan ook begin om die vraestelle wat verlede jaar uitgelek het, tot 21 Januarie oor te skryf. Volgens die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, is die vraestelle gereed en reeds […]
Covid: akute fase van pandemie is verby - January 4, 2022
Dr. Mike Ryan van die Wêreldgesondheidsorganisasie is van mening dat die akute fase van die Covid-pandemie is verby. Hy sê die jaar sal gekenmerk word deur sporadiese uitbrekings in gemeenskappe met lae inentingsvlakke maar, die vlae wat Delta byvoorbeeld veroorsaak het is in sy mening verby.