Otji se mense kan nie betaal nie

Die Otjiwarongo Munisipaliteit is onder erge druk om dienste aan sy inwoners te lewer en het ook aangekondig dat inwoners meer as 50 miljoen Namibiese doller aan die plaaslike owerheid in uitstaande water en ligte rekenings skuld. Luidens die jongste berigte is die meerderheid van die uitstaande skuld, 60 persent, inwoners van informele nedersettings. Verder betaal slegs 30 persent van die stad belasting en diensgelde. Intussen sukkel die owerheid om sy ontwikkelingsteikens te behaal. Die jongste opname op die dorp toon dat 22 500 individue woon in ongeveer 4 700 huishoudings in informele nedersettings en die jongste syfers dui aan dat daar 40 000 inwoners op die dorp is. Dus woon meer as helfte in informele nedersettings en die meerderheid kan nie bekostig om vir dienste te betaal nie.