Nuwe voertuie verkoop effe beter, maar is steeds swak

Daar is 908 nuwe voertuie wat in Maart verkoop is, ‘n toename van 1,68 persent op ‘n maandgrondslag. Volgens IJG Sekuriteite wat die syfers bekend gemaak het verteenwoordig die verkope ‘n 20,3 persent toename teenoor voertuie wat in Maart 2020 verkoop is. Daar is 2 494 voertuie in die eerste 3 maande van die jaar verkoop, waarvan 1 122 passasiersvoertuie is. Maar voertuig verkope het steeds op ‘n kumulatiewe 12-maand-grondsalg gekrimp met 23,3 persent.