So werk ‘n polisie beampte mos!

Khaos, een van die staatmaker-beamptes van die honde-eenheid, is weereens geprys as kampioen-jagter van gewere. Hy is al 4 jaar deel van die Stad Kaapstad se metropolisie. Khaos en sy hanteerder het ‘n pistool opgespoor tydens ‘n soektog in ‘n oopte in die misdaadgeteisterde voorstad Ocean View. Die soektog is uitgevoer toe beamptes twee mans wat ronddwaal opgemerk het. Hulle het weggehardloop toe hulle vir Khaos gewaar. ‘n Woordvoerder, Ruth Solomons, sê Khaos se naam is reeds alombekend: