Medvedev, Zverev beïndruk voor Aussie Ope - January 4, 2022

Tennis: Daniil Medvedev en Alexander Zverev het beide indrukwekkende oorwinnings terwyl hulle voorberei vir die Australiese Ope. Hulle het Rusland en Duitsland ook op koers gehou in die ATP-beker. Die Amerikaanse Ope-kampioen en wêreld-nommer-twee Medvedev het teruggebons na die skoknederlaag die naweek teen Fransman, Ugo Humbert. Hy het Alex de Minaur van Australië met 6-4, […]

Read More

Heropening van skole in Zim onbepaald uitgestel - January 4, 2022

Die heropening van skole in Zimbabwe is onbepaald uitgestel weens die toename in Covid-gevalle gedryf deur die Omikron-variant, het President Emmerson Mnangagwa in sy Nuwejaarsboodskap gesê. Skole sou aanvanklik op 10 Januarie heropen het.

Read More

Pohamba Shifeta hoop Namibiese toerismebedryf herstel - January 4, 2022

Met die aanbreek van die nuwe jaar, is die Namibiese toerismebedryf steeds in ‘n penarie wat deur die Covid-pandemie, inperkings en geslote grense veroorsaak is. Die toerismeminister, Pohamba Shifeta, sê aan Kosmos 94.1 Nuus nadat verskeie lande hul grense oopgemaak het, het buitelandse toeriste weer Namibië besoek, maar hulle is min in vergelyking met voor […]

Read More

Skoolvoedingsprogram gereed vir 2022 - January 4, 2022

Die nuwe skooljaar van 2022 begin Maandag. Met die meeste van die leerders wat van die onderwysministerie se voedingsprogram afhanklik is, het Kosmos 94.1 Nuus by die ministerie uitgevind of die program weer met die nuwe skooljaar gaan begin en of daar ‘n vertraging is. Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, sê […]

Read More

Namibiese vroue moet 2022 sonder vrees aanpak - January 4, 2022

Namibiese vroue en kinders was te lank aan geslagsgeweld blootgestel. Dit het daartoe gelei dat vroue hulself minder ag en nie veel te sê het in die samelewing nie. Met die nuwe jaar wat aangebreek het, moet vroue hul verantwoordelikhede in die samelewing sonder vrees en teistering van mans aanpak. Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, […]

Read More

Hongkongse hof vonnis pro-demokrasie-aktivis tot 15 maande tronkstraf - January 4, 2022

‘n Hof in Hongkong het ‘n 36-jarige advokaat en pro-demokrasie-aktivis vandag tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir die organisering van ‘n onregmatige byeenkoms om slagoffers te huldig wat in 1989 dood is in China se onderdrukking van betogings op Tiananmen-plein. Dit is Chow Hang Tung se tweede skuldigbevinding oor ‘n verbode nagwaak. Chow dien reeds […]

Read More

WGO verduidelik wat van ‘n geleentheid ‘n superverspreider maak - January 4, 2022

Die Wêreldgesondheidsorganisasie verduidelik ‘n “massa-vergadering” of “superverspreider”-geleentheid hoef nie duisende mense teenwoordig te hê nie. Die WGO sê bykomend tot hoeveel mense dit bywoon, moet organiseerders ook die ligging en duur van die geleentheid oorweeg. As die geleentheid oor etlike dae plaasvind in ‘n klein eilandstaat waar die gesondheidstelsel baie beperk is, kan selfs ‘n […]

Read More

Parlement se sproeistelsel was in volle werking - January 4, 2022

Die departement van openbare werke en infrastruktuur sê die parlement in Kaapstad se sproeistelsel was in volle werking teen Oktober verlede jaar. Die waarnemende direkteur-generaal van openbare werke, Imtiaz Fazel, sê die stelsels was in werking soos bedoel en is laat in Desember getoets. Hulle het die vrae van die gesamentlike staande komitee oor finansiële […]

Read More

Voorlopige brandverslag van parlement moontlik vertraag - January 4, 2022

Die voorlopige verslag oor die oorsaak van die brand wat in die parlement in Kaapstad gewoed het, mag moontlik vertraag word. Volgens minister van openbare werke, Patricia de Lille, kon ondersoekers nog nie toegang tot die gebou verkry nie. De Lille sê hulle wag vir die Stad Kaapstad om die gebou aan die polisie en […]

Read More

Slangkenner reageer op dood van vyf-jarige weens slangbyt - January 4, 2022

Die bekende Namibiese slangkenner Francois Theart het gereageer op die vyfjarige meisie wat die naweek in die Etope-nedersetting in die Oshana-streek weens slangbyt gesterf het. Daar was nie vervoer beskikbaar om die meisie na ‘n hospitaal te neem nie en sy het kort ná die slangbyt gesterf. Die slang is gevind en doodgemaak. Theart het […]

Read More