SA poskantoor is bankrot

Daar is bevind dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor kommersieel bankrot is. Die buurland se Ouditeur-Generaal het bekend gemaak dat die staatsonderneming verliese van meer as 1,7 miljoen Namibiese doller gely het terwyl sy laste sy bates met 1,5 miljard Namibiese doller oorskry het. Daar is bevind dat die SAPK nie behoorlike boekhouding ingestel het om te verseker dat volledige en akkurate inligting toeganklik is om geloofwaardige finansiële verslagdoening te ondersteun nie.