Volksmoord: gesprekke duur voort

Onderhandelings in verband met die volksmoord duur onverpoosd voort ten spyte van verskeie vertragings as gevolg van die pandemie. Die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila het in Maart die opwaarts aangepaste aanbod deur die Duitse regering verwerp. Die geld is in die vorm van implementering van projekte in die land aangebied. Dit is nie duidelik of daar weer ‘n aanbod gemaak is nie maar volgens Dr Zed Ngavirue, die amptelike Hoof van die Onderhandelingspan vir die Volksmoord, vorder besprekings goed…