Spekbome vir Aarde-dag

Aarde-dag word weer volgende Donderdag gevier. ‘n Raadslid van die Stad Tshwane, Marike Kruger-Muller, en die Burgmeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Dana Wannenburg, gaan as deel van die metro se bydrae spekbome aan meningsvormers in die stad uitdeel. Kruger-Muller sê sy het die veelsydige plant gekies om bewaring aan te moedig: