Nog ‘n fout op 737 MAX
Die Boeing maatskappy het alle aflewerings van sy 737 MAX gestaak weens ‘n elektriese kwessie en die vloot is gedeeltelik gehok. Die maatskappy se aandele het met 3 persent teruggesak na die aankondiging. Die maatskappy het bygevoeg dat die spesifieke uitdagings binnekort opgelos sal word nie. Die maatskappy het tot dusver 85 uit bestellings van […]
SA gesondheidwerkers moet vrywaring teken met inenting
Met Suid Afrika se inentings-program wat weer hervat is, sê die buurland se Minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize dat gesondheidwerkers nou eers ‘n vrywaringsvorm moet onderteken voordat hulle hul Covid-19 inenting ontvang. Dit nadat die land se inentings-program verlede week tydelik opgeskort is na ‘n klein persentasie pasiënte in die VSA bloedklonte ontwikkel het […]
Owerhede soek markte vir noordeboere
Die Namibiese Ministerie van Landbou, saam met ‘n afvaardiging van Meatco, is tans op besoek na Sentraal- en Wes-Afrika om markte te ontgin vir boere in die noordelike kommunale gebiede. Die nuus word verwelkom omdat die boere op die oomblik nie ‘n wesenlike mark het nie. Die Goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala sê van […]
Koejawel-oes sal juig!
Koejawelboere in Suid-Afrika berei hulle voor op ‘n groter oes en hoër pryse vanjaar. Volgens die Koejawel Produsente-vereniging sal vanjaar se oes na raming meer as 23 000 ton oplewer. Dit is ‘n toename van tussen 3 en 4 persent, vergeleke met die vorige jaar. Sommige produsente verwag selfs ‘n groter toename van tot 15 […]
Jongste oor Covid in die land
Daar is 86 leerders waarvan 74 van Okakarara Senior Sekondêre Skool is, 17 onderwysers, 6 gesondheidswerkers en 3 gevangenes onder die 166 nuwe Covid-gevalle wat vandag bevestig is. Otjozondjupa het 74 gevalle, Khomas 43, Omaheke 15, Karas12 en Oshana 11. Die res is landwyd versprei. ‘n Totaal van 169 pasiënte het herstel met aktiewe gevalle […]
Presidensie vaar uit teen die media
Die Namibiese Presidensie het ‘n sterk bewoorde persverklaring uitgereik en gesê die media in die land is bevooroordeeld en sensor feite. Hy het gereageer op berigte in dagblaaie oor sy besoek aan die noordooste van die land. Yanna Smith het meer.
Vergadering met ministerie het goed afgeloop – NBC personeel
Die werknemers van die NBC sê die vergadering wat met die Minister van Inligting Peya Mushelenga vandag gehou is, was baie suksesvol. Die groep is tans besig om te vergader met die bestuur van die korporasie. Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die korporasie en skakel tussen die vakband Napwu en die NBC se werknemers…
Ouer geboue moet opgeknap word – Mutorwa
Die Namibiese Minister van Werke en Vervoer John Mutorwa sê dit is hoogtyd dat die regering genoeg fondse bewillig vir die onderhoud en opknapping van staatsbates. Volgens Mutorwa is daar talle geboue wat die regering ge-erf het wat reeds vervalle was maar intussen word nuwe infrastruktuur opgerig en die ou geboue verval verder. Dit is […]
Jagseisoen aangekondig
Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die 2021 jagseisoen aangekondig. Wild mag vanaf 1 Mei tot 31 Augustus op kommersiële plase met wild omheining gejag word en vanaf 1 Junie tot 31 Julie op plase met standaard vee-heinings. Grond moet groter as 1 000 hektaar wees. Daar is beperkings op die hoeveelheid diere wat geskiet […]
Brandstofprys geen verrassing nie – ekonoom
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Namibiese Ministerie van Myne en Energie dat die brandstofprys onveranderd gelaat is vir Mei. Robert McGregor van Cirrus het dit vroeër so voorspel en sê dit behoort inflasie effe te stabiliseer.