Jongste oor Covid in die land

Daar is 86 leerders waarvan 74 van Okakarara Senior Sekondêre Skool is, 17 onderwysers, 6 gesondheidswerkers en 3 gevangenes onder die 166 nuwe Covid-gevalle wat vandag bevestig is. Otjozondjupa het 74 gevalle, Khomas 43, Omaheke 15, Karas12 en Oshana 11. Die res is landwyd versprei. ‘n Totaal van 169 pasiënte het herstel met aktiewe gevalle tans op 1 619. Namibië se herstelkoers is steeds op 95 persent. Daar is tans 180 Covid-gevalle in die hospitaal met 42 wat in hoësorg behandel word. Vier sterfgevalle is vandag bevestig wat die totaal tot op 638 te staan bring.