Ouer geboue moet opgeknap word – Mutorwa

Die Namibiese Minister van Werke en Vervoer John Mutorwa sê dit is hoogtyd dat die regering genoeg fondse bewillig vir die onderhoud en opknapping van staatsbates. Volgens Mutorwa is daar talle geboue wat die regering ge-erf het wat reeds vervalle was maar intussen word nuwe infrastruktuur opgerig en die ou geboue verval verder. Dit is soos om jouself in die voet te skiet het hy gesê. In sy mening is die aandag wat tans aan skole gegee word, veral as gevolg van die pandemie, ‘n stap in die regte rigting maar, hospitale, klinieke en gesondheidsentrum het ook dringend aandag nodig. Mutorwa het 200 miljoen Namibiese doller aangevra vir sy ministerie se opknapping- en instandhoudingsprogram.