Owerhede soek markte vir noordeboere

Die Namibiese Ministerie van Landbou, saam met ‘n afvaardiging van Meatco, is tans op besoek na Sentraal- en Wes-Afrika om markte te ontgin vir boere in die noordelike kommunale gebiede. Die nuus word verwelkom omdat die boere op die oomblik nie ‘n wesenlike mark het nie. Die Goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala sê van die boere is huiwerig omdat die pryse wat aangebied word te laag is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat