SA gesondheidwerkers moet vrywaring teken met inenting

Met Suid Afrika se inentings-program wat weer hervat is, sê die buurland se Minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize dat gesondheidwerkers nou eers ‘n vrywaringsvorm moet onderteken voordat hulle hul Covid-19 inenting ontvang. Dit nadat die land se inentings-program verlede week tydelik opgeskort is na ‘n klein persentasie pasiënte in die VSA bloedklonte ontwikkel het na hulle die inspuiting ontvang het. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Korrespondent in die Kaap berig.