Windhoek soek ‘n baas

Stad Windhoek is opsoek na ‘n Hoof Uitvoerende Beampte en die pos sal amptelik môre geadverteer word. Die pos het vakant geword na Robert Kahimise op 1 November 2020 aangesluit het by Cenored in Otjiwarongo. Die pos is van kritiese belang vir die volhoubare bestuur van die munisipaliteit. Harold Akwenye, Woordvoerder by Stad Windhoek…

Read More

Staatskaping: Cyril omseil kwessies

President Cyril Ramaphosa se getuienis voor die staatskapingskommissie is duidelik daarop gemik om die ANC se openbare beeld ‘n hupstoot te gee. So sê die politieke ontleder Daniel Silke. Ramaphosa het in sy hoedanigheid as ANC-president getuig en erken dat sommige lede van die party staatskaping en korrupsie gepleeg het. Silke sê Ramaphosa se pogings […]

Read More

Staatsamptenare moet die jaar verhogings ontvang

Die Vakbond Kongres van Namibië sê dat staatsamptenare in die land die jaar verhoging moet ontvang. Volgens die Sekretaris-Generaal van Tucna, Mahongora Kavihuha, is dit amper 8 jaar wat daar geen verhogings was nie en binnekort, sal samesprekings met die betrokke vakbonde moet begin.

Read More

Bruni, McClaren dagvaar Ndishishi en kie

Regter Hannelie Prinsloo sal vanoggend weer die saak waar die likwidateurs die direkteure van die bankrot SME Bank dagvaar, aanhoor. Die respondente is almal hooggeplaastes in die regering. Dave Bruni en Ian McClaren dagvaar Andrew Ndishishi, Petrina Nakale, Justus Hausiku, Milka Mungunda, Frans Kapofi, George Simataa, die Minister van Handel, die Finansiële Intelligensie Sentrum en […]

Read More

Skole vies oor N$161m se bystand aan kerkskole

Die Namibiese Ministerie van Onderwys het aangekondig dat 161 miljoen Namibiese doller beskikbaar gestel sal word aan skole wat deur kerke besit word en wat ‘n ooreenkoms met die staat het. Die Uitvoerende Direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp het die bedrag aan plaaslike media bevestig en gesê daar is reeds so ooreenkoms in 1990 […]

Read More

Bystand aan families maak die grootste verskil

President Joe Biden het in sy oorsig van sy eerste 100 dae in die Withuis aan die gesamentlike sitting van die Kongres gesê meer as 1,3 miljoen werksgeleenthede is in die tydperk geskep, meer as enige ander president. Meer as 200 miljoen mense is ingeënt, voedselhulp is verbreed en besighede het bystand ontvang. Biden het […]

Read More

GRN se menseregte rekord word hersien

Namibië se rekord in verband met menseregte sal deur die VN se menseregte raad hersien word. Dit is die derde keer wat die hersiening gedoen word en dit sal Maandag, 3 Mei plaasvind en regstreeks uitgesaai word. Die vorige hersienings is in 2011 en toe weer in 2016 gedoen. Namibië is een van 14 lande […]

Read More

Covid-maatreëls: Geingob sê môre

Daar word verwag dat President Hage Geingob môre die jongste maatreëls in verband met die pandemie bekend sal maak. Gevalle is redelik stabiel en uitdagings duur voort in skole. Die Namibiese herstelkoers is steeds op 95 persent maar die Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf het as […]

Read More

Spele: atlete sal daagliks getoets word

Atlete wat aan die Olimpiese- en Paralimpiese Spele in Tokio gaan deelneem, sal vóór hul vertrek na Japan vir Covid-19 getoets moet word. Dié toetse is een van die vereistes in die aangepaste bepalings vir atlete wat aan die Spele gaan deelneem. Dit bepaal voorts dat deelnemers daagliks Covid-19 toetse moet ondergaan en te alle […]

Read More

Jong meisie help om Ramaphosa se bees se ouderdom te bepaal

‘n Jong meisie van Brits in Noordwes se navorsing gaan dalk Vrydag by die eerste nasionale veiling van Ankole-beeste in Mpumalanga ingespan word. ‘n Leerder van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, Je-Miné de la Rey, was net 12 jaar oud toe sy met die navorsing begin het. President Cyril Ramaphosa wat met die ingevoerde beeste boer, […]

Read More