Koejawel-oes sal juig!

Koejawelboere in Suid-Afrika berei hulle voor op ‘n groter oes en hoër pryse vanjaar. Volgens die Koejawel Produsente-vereniging sal vanjaar se oes na raming meer as 23 000 ton oplewer. Dit is ‘n toename van tussen 3 en 4 persent, vergeleke met die vorige jaar. Sommige produsente verwag selfs ‘n groter toename van tot 15 persent. Die vereniging skryf die suksesvolle oes toe aan gunstige weerstoestande aan die begin van die jaar. Sowat 6 ton is geoormerk vir die varsmarksektor, terwyl meer as 16 ton versap sal word.