Die toekoms vir toerisme is onseker
Vooruitsigte vir toerisme is uiters onseker. Dit is die standpunt van die Bank van Namibië na ‘n peiling in die bedryf. Die Gasvryheidsvereniging het net minder as 34 persent van sy beskikbare 284 000 beddens in 2020 verkoop. Beskikbare akkommodasie het ook skerp gedaal van 284 000 verlede jaar tot net minder as 215 000 […]
Ons kom meer gedoen het in Zuma-era – Cyril
In sy getuienis voor die Zondo-kommissie, het President Cyril Ramaphosa erken dat die ANC meer kon gedoen het om korrupsie te bekamp tydens die Zuma-era. Hy sal na verwagting eers in sy hoedanigheid as hoof van die ANC getuig oor kwessies wat verband hou met die party se beleid oor kader-ontplooiing. Daarna sal hy ondervra […]
NBC: fout lê by bestuur en personeel
Die bekende Ekonoom van Unam, Dr Omu Kakujaha Matundu is van mening dat die NBC nie ‘n kommersiële entiteit moet wees nie en moet, soos tans die geval is, geklassifiseer bly as ‘n openbare uitsaaier. Die personeel vergader op die oomblik met die korporasie se bestuur in ‘n poging om ‘n oplossing te vind. Intussen […]
Sonder Angola kan kordonheining nooit gaan nie
Die beplande heining tussen Namibië en Angola is te duur en sal nie opgerig word nie. Die Kabinet het die heining reeds in 2015 goedgekeur in ‘n poging om die grens tussen Namibië en Angola te versterk en so, beter beheer oor bek- en klouseer in die noordelike gebied van die land te verseker. Volgens […]
NamPower kry amper 3% verhoging
Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n verhoging van 2.92% in die grootmaattarief goedgekeur. Die verhoging is van toepassing op al NamPower se direkte kliënte. Die kragvoorsiener het volgens die beheerraad aansoek gedoen vir 5,8 persent. Die nuwe prys tree op 1 Julie in werking en dit is die eerste verhoging in twee jaar. Plaaslike owerhede en kragverspreiders […]
Inentings en mediese afval…
En hier is ‘n hele nuwe hoek op die wêreldwye intentings: Internasionale nuusagentskappe berig dat kenners hulle kommer uitgespreek het oor die tonne mediese afval wat deur inentingsveldtogte gegenereer word. Wêreldwyd is 1,04 miljard dosisse reeds toegedien en elke spuit gebruik 1 naald en 1 inspuiting buis. Daar is tot drie dosisse in sommige glashouers, […]
GRN moet plan maak met vlugtelinge
Die Namibiese regering het kontak gemaak met die regerings Burundi, Rwanda, en die Demokratiese Republiek van die Kongo om oplossings te vind vir vlugtelinge van daardie lande wat in Namibië aankom. Die Adjunkminister van Binnelandse Sake Daniel Kashikola sê die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge is ook betrek. Op die oomblik is daar meer […]
Myeni se oorskot op pad huistoe
Die oorskot van Lindani Myeni, wat in KwaZulu-Natal gebore is, het vroeg vanoggend vanaf die Internasionale Lughawe in Honolulu, Hawaii, na Suid-Afrika vertrek. Dit sal oor Dallas in Texas en Heathrow in Londen gevlieg word om Vrydagoggend in Johannesburg te land. Die Amerikaanse polisie het die 29-jarige Lindani doodgeskiet. Honolulu se polisie sê hulle is […]
NBC: werkers ontmoet bestuur
Die werknemers van die NBC sal nou met die raad en bestuur van die korporasie ontmoet. Die betrokke vakbond Napwu het dit vanoggend tydens sy perskonferensie bekend gemaak. Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die korporasie en skakel tussen die vakband Napwu en die NBC se werknemers…
Steenhuisen sê oor Cyril
President Cyril Ramaphosa het begin om voor die staatskapingskommissie in Johannesburg te getuig. Hy sal na verwagting eers in sy hoedanigheid as hoof van die ANC getuig oor kwessies wat verband hou met die party se beleid oor kader-ontplooiing. Daarna sal hy ondervra word oor sy tydperk as president van die land. Die DA het […]