Jagseisoen aangekondig

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die 2021 jagseisoen aangekondig. Wild mag vanaf 1 Mei tot 31 Augustus op kommersiële plase met wild omheining gejag word en vanaf 1 Junie tot 31 Julie op plase met standaard vee-heinings. Grond moet groter as 1 000 hektaar wees. Daar is beperkings op die hoeveelheid diere wat geskiet mag word en net 1 kudu mag tydens die seisoen per jagter geskiet word. Die standaard permit vereistes bestaan steeds.