Pfizer soek goedkeuring vir inenting van kinders
Die farmaseutiese reus Pfizer sê hy verwag dat sy Covid-19 entstof teen Junie vanjaar beskikbaar sal wees vir gebruik op kinders tussen die ouderdomme van 12 en 15. Die maatskappy is besig met sy voorlegging aan Europese owerhede in die verband. Die inenting van kinders word as krities beskou om kudde-immuniteit te verseker. ‘n Proef […]
Biden sê nuwe polisiewet moet aanvaar word
Amerika se President Joe Biden, het ‘n dringende beroep op die Senaat gedoen om hervorming in die polisie teweeg te bring en die gewysigde Polisiewet met die George Floyd-geregtigheid daarby ingesluit teen volgende maand te aanvaar. Biden het sy eerste rede in ‘n gesamentlike sitting van die Kongres gelewer. Die voormalige polisieman van Minneapolis, Derek […]
Psemas-verkryging in die soeklig
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal verkryging by die openbare mediese fonds Psemas evalueer. Die fonds het onlangs gebuk gegaan onder talle aantygings van korrupsie en wanbestuur. Frederico Links van die instituut, wat volgende week die hersiening aanbied, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Johannesburg gee skuldverligting
Die Stad Johannesburg het aangekondig dat dit ‘n verbeterde skuldverligtingsprogram goedgekeur het. Dit sluit in bykomende skuldverligtings-maatreëls vir eiendomsbesitters wie se munisipale rekeninge weens die Covid-19-pandemie agterstallig geraak het. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Jolidee Matongo, sê dié program sal sorg dat kwalifiserende belastingbetalers ‘n skuldafskrywing van 50-persent ontvang. Die program tree op 1 Mei in […]
Busch sê taboe kwessies moet bespreek word
Die Uitvoerende Voorsitter van die Nasionale Jeugraad Sharonice Busch sê die stryd teen geslagsgeweld kan nie langer ‘n onderhandeling wees nie. In haar mening is gesprekke, veral moeilike gesprekke en gesprekke wat verband hou met kwessies wat as taboe beskou word, dringend nodig. Sy sê die jeug moet die gesprekke dryf en hulle moet op […]
Goedkoper avo’s in die vooruitsig?
Suid-Afrika berei hom voor vir ‘n toename in avokado-uitvoere. Dié seisoen sal 66 ton avokado’s uitgevoer word, vergeleke met verlede seisoen se 60 ton. Die inligting is bekend gemaak tydens ‘n aanlyn seminaar deur die Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Subtropiese Produsente, Derek Donkin. Volgens Donkin word tussen 45 en 50 persent van […]
Skedule vir inenting sal uitgebrei word op aanvraag
Op die oomblik is daar geen inentingsdienste oor naweke nie. Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe sê die aanvraag is nie op die oomblik daar om die diens oor naweke aan te bied nie.
Oorgrens bewaring teen skadelik alge
SANParke sê samewerking met Mosambiek is in plek om skadelike alge, wat in die grensrivier tussen die Kruger Nasionale Park en Mosambiek groei, te monitor. ‘n Wetenskaplike verbonde aan die Kruger Nasionale Park, Eddie Riddell, sê die watergehalte is in gedrang. Hy sê egter samewerking met wetenskaplikes van die Groter Limpopo grenspark, sal die risiko […]
Dis nie ‘n begroting nie, dis ‘n subsidie
Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese Minister van Stedelike en Landelik Ontwikkeling, Erastus Uutoni dat uit sy begroting van 1,6 miljard Namibiese doller, 12,1 miljoen doller bestee sal word op desentralisasie. Desentralisasie is een van die belangrikste aspekte van dienslewering en volgens Dr Omu Kakujaha Matundu van Unam se Ekonomiese Fakulteit moet […]
Oorgee van A330’s vooraf gereël
Plaaslike media berig dat die Namibiese Minister van Openbare Ondernemings Leon Jooste sê die kansellasie van die huurooreenkoms van Air Namibia se 2 Airbus A330’s nie tot ‘n hofgeding sal lei nie. Volgens Jooste waarborg die Namibiese regering die betaling van 2,5 miljard Namibiese doller wat verbonde is aan die kansellasie van die ooreenkoms. Dit […]