Jong meisie help om Ramaphosa se bees se ouderdom te bepaal

‘n Jong meisie van Brits in Noordwes se navorsing gaan dalk Vrydag by die eerste nasionale veiling van Ankole-beeste in Mpumalanga ingespan word. ‘n Leerder van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, Je-Miné de la Rey, was net 12 jaar oud toe sy met die navorsing begin het. President Cyril Ramaphosa wat met die ingevoerde beeste boer, het haar veearts-pa Morné gevra om hom te help om sy beeste se ouderdom vas te stel. Je-Miné het geweet sommige spesies se ouderdom kan volgens hulle liggame bepaal word en het bevind dat ringe in Ankole’s se horings presies dit doen.