Staatsamptenare moet die jaar verhogings ontvang

Die Vakbond Kongres van Namibië sê dat staatsamptenare in die land die jaar verhoging moet ontvang. Volgens die Sekretaris-Generaal van Tucna, Mahongora Kavihuha, is dit amper 8 jaar wat daar geen verhogings was nie en binnekort, sal samesprekings met die betrokke vakbonde moet begin.