Staatskaping: Cyril omseil kwessies

President Cyril Ramaphosa se getuienis voor die staatskapingskommissie is duidelik daarop gemik om die ANC se openbare beeld ‘n hupstoot te gee. So sê die politieke ontleder Daniel Silke. Ramaphosa het in sy hoedanigheid as ANC-president getuig en erken dat sommige lede van die party staatskaping en korrupsie gepleeg het. Silke sê Ramaphosa se pogings om gedeeltelike aanspreeklikheid vir die skade wat staatskaping aangerig het, behendig te omseil, bevestig dat die faksie-vorming in die party nog grotendeels onopgelos is: