Skole vies oor N$161m se bystand aan kerkskole

Die Namibiese Ministerie van Onderwys het aangekondig dat 161 miljoen Namibiese doller beskikbaar gestel sal word aan skole wat deur kerke besit word en wat ‘n ooreenkoms met die staat het. Die Uitvoerende Direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp het die bedrag aan plaaslike media bevestig en gesê daar is reeds so ooreenkoms in 1990 onderteken. Luidens die jongste berigte is sommige privaatskole in die land ongelukkig oor die fondse omdat privaatskole wat nie aan ‘n kerk verbonde is nie, geen bystand sal ontvang nie en ook reeds vir meer as 2 jaar geen subsidies van die regering ontvang nie.