Covid-maatreëls: Geingob sê môre

Daar word verwag dat President Hage Geingob môre die jongste maatreëls in verband met die pandemie bekend sal maak. Gevalle is redelik stabiel en uitdagings duur voort in skole. Die Namibiese herstelkoers is steeds op 95 persent maar die Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf het as ‘n hoë sterftesyfer, tans op 638. Hospitalisasie het ook effe gestyg met 180 Covid-gevalle wat tans in die hospitaal is en 42 van die wat in hoësorg behandel word.