Spele: atlete sal daagliks getoets word

Atlete wat aan die Olimpiese- en Paralimpiese Spele in Tokio gaan deelneem, sal vóór hul vertrek na Japan vir Covid-19 getoets moet word. Dié toetse is een van die vereistes in die aangepaste bepalings vir atlete wat aan die Spele gaan deelneem. Dit bepaal voorts dat deelnemers daagliks Covid-19 toetse moet ondergaan en te alle tye gesigmaskers moet dra, behalwe wanneer hulle eet, drink, slaap, oefen of deelneem. Die organiseerders sê hulle is vol vertroue die nakoming van die bepalings sal verseker dat die Spele veilig is vir elkeen wat by die geleentheid betrokke is.