Oorgee van A330’s vooraf gereël

Plaaslike media berig dat die Namibiese Minister van Openbare Ondernemings Leon Jooste sê die kansellasie van die huurooreenkoms van Air Namibia se 2 Airbus A330’s nie tot ‘n hofgeding sal lei nie. Volgens Jooste waarborg die Namibiese regering die betaling van 2,5 miljard Namibiese doller wat verbonde is aan die kansellasie van die ooreenkoms. Dit was ‘n bepaling dat sou die kontrak vroeg beëindig word, die volle fooie betaalbaar is. Die ooreenkoms sou tot 2025 geduur het. Hy sê onderhandelings duur sedert September verlede jaar en die oorgee van die 2 vliegtuie is ooreengekom. Die 2 A330’s het gister vertrek vanaf Hosea Kutako Internasionale Lughawe na Leipzig in Duitsland.