Dis nie ‘n begroting nie, dis ‘n subsidie

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese Minister van Stedelike en Landelik Ontwikkeling, Erastus Uutoni dat uit sy begroting van 1,6 miljard Namibiese doller, 12,1 miljoen doller bestee sal word op desentralisasie. Desentralisasie is een van die belangrikste aspekte van dienslewering en volgens Dr Omu Kakujaha Matundu van Unam se Ekonomiese Fakulteit moet Uutoni dit eerder as ‘n klein subsidie vir ‘n nedersetting beskryf.