Johannesburg gee skuldverligting

Die Stad Johannesburg het aangekondig dat dit ‘n verbeterde skuldverligtingsprogram goedgekeur het. Dit sluit in bykomende skuldverligtings-maatreëls vir eiendomsbesitters wie se munisipale rekeninge weens die Covid-19-pandemie agterstallig geraak het. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Jolidee Matongo, sê dié program sal sorg dat kwalifiserende belastingbetalers ‘n skuldafskrywing van 50-persent ontvang. Die program tree op 1 Mei in werking. Inwoners het tot einde Julie tyd om hiervoor aansoek te doen.