Pfizer soek goedkeuring vir inenting van kinders

Die farmaseutiese reus Pfizer sê hy verwag dat sy Covid-19 entstof teen Junie vanjaar beskikbaar sal wees vir gebruik op kinders tussen die ouderdomme van 12 en 15. Die maatskappy is besig met sy voorlegging aan Europese owerhede in die verband. Die inenting van kinders word as krities beskou om kudde-immuniteit te verseker. ‘n Proef vroeër vanjaar het bevind dat die entstof 100 persent effektief is op kinders tussen 12 en 15 en Amerikaanse owerhede is tans besig om daardie uitslae te hersien. Daar word verwag dat die volgende proewe op jonger kinders uitgevoer sal word