Busch sê taboe kwessies moet bespreek word

Die Uitvoerende Voorsitter van die Nasionale Jeugraad Sharonice Busch sê die stryd teen geslagsgeweld kan nie langer ‘n onderhandeling wees nie. In haar mening is gesprekke, veral moeilike gesprekke en gesprekke wat verband hou met kwessies wat as taboe beskou word, dringend nodig. Sy sê die jeug moet die gesprekke dryf en hulle moet op ‘n innoverende en nie-veroordeelde omgewing plaasvind. Die raad herdenk die week Nasionale Jeugweek met ‘n klem op geslagsgeweld.