Jongste oor Reënboogbeker
Die eerste twee wedstryde in die Suid-Afrikaanse afdeling van die Reënboog-reeks is die naweek beslis met die Bulls en die Sharks wat as wenners uit die stryd getree het. Die Bulls het die Lions op Loftus met 24-9 geklop en die Sharks die Stormers in Kaapstad met 33-30. Die naweek word die reeks voortgesit. Die […]
NWR: grootskaalse verliese was verwag
Namibia Wildlife Resorts het pas sy algemene jaarvergadering gehou en wydlopende aspekte van die impak van die Covid-19 pandemie het onder die loep gekom. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die NWR, Matthias Ngwangwama het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die verloop van die vergadering.
Nkata en kie verskyn weer einde Mei
Die ondersoek na die dood van nie 9-jarige Natalie Chipomho is voltooi. Volgens die Staat is hulle gereed dat die drie beskuldigdes Edward Nkata en Rachel Kureva, Natalie se ouers, en Caroline Nkata, die vrou van Edward, pleit. Die saak sal dan oorhandig word aan die Aanklaer-Generaal vir ‘n besluit oor die klagtes. Volgens die […]
Indië: owerhede reeds vroeg in Maart gewaarsku
‘n Forum van wetenskaplike raadgewers, wat deur die Indiese regering aangestel is, het reeds vroeg in Maart owerhede in daardie land gewaarsku oor ‘n nuwe, meer aansteelike Covid-variant wat teenwoordig in die land is. Vyf van die wetenskaplikes wat deel van die groep is het met internasionale nuusagentskappe in die verband gepraat. Hulle sê ten […]
Witskrif oor leeus ens., sal in SA opgestel word
‘n Hoëvlakpaneel in Suid-Afrika het aanbeveel dat die regering ‘n einde bring aan die mak maak van leeus deur in aanhouding met hulle te teel. Die paneel is aangestel om beleid, reguleringsmaatreëls, praktyke en beleidstandpunte te hersien rakende die jag, handel, gevangenskap, bestuur en die hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters. Die buurland se […]
Bestee eerder op boere as nuwe grond
Die Namibiese Ministerie van Landbou sê daar moet nog 1,7 miljoen hektaar bekom word om die teiken van 5 miljoen hektaar teen 2020 te haal. Die grootste uitdaging is die prys van landbougrond. Sedert 1990 het die ministerie 556 plase teen ‘n koste van 2,23 miljard Namibiese doller aangekoop. Kenners is dit eens dat die […]
Bank bestuurder vas vir diefstal van N$1,1m
Die Namibiese polisie sê ‘n bank bestuurder op Arandis is in hegtenis geneem op klagte van diefstal. Volgens owerhede het die 47-jarige vrou 800 000 Namibiese doller verwyder uit die bank se kluis en dit aan ‘n onbekende persoon op die B2 oorhandig. Daarna het sy 306 000 doller oorbetaal. Luidens die polisie het sy […]
Sokkervereniging wil eie fasiliteite skep
Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Sokkervereniging Franco Cosmos sê die vereniging beplan steeds om die nodige fondse te bekom om eie geriewe vir die vereniging wat ‘n eie stadion insluit te kan ontwikkel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste in die verband.
Persvryheid is van kritiese belang vir demokrasie
Dis vandag die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie. Die deklarasie handel oor persvryheid en die belangrikheid van onafhanklike media in demokratiese stelsels. Wêreld Persvryheid-dag word ook vandag herdenk. Namibië het intussen ook sy top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland behou en die land is wêreldwyd, 24ste geplaas. […]
Jongste oor Covid-gevalle
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 97 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Otjiwarongo 15, Rundu 14, Grootfontein 12, Rehoboth 10, Windhoek 9 en Swakopmund 5. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 1 837 aktiewe gevalle 46 499 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal […]