Sokkervereniging wil eie fasiliteite skep

Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Sokkervereniging Franco Cosmos sê die vereniging beplan steeds om die nodige fondse te bekom om eie geriewe vir die vereniging wat ‘n eie stadion insluit te kan ontwikkel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste in die verband.