Witskrif oor leeus ens., sal in SA opgestel word

‘n Hoëvlakpaneel in Suid-Afrika het aanbeveel dat die regering ‘n einde bring aan die mak maak van leeus deur in aanhouding met hulle te teel. Die paneel is aangestel om beleid, reguleringsmaatreëls, praktyke en beleidstandpunte te hersien rakende die jag, handel, gevangenskap, bestuur en die hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters. Die buurland se Minister van die Omgewing, Barbara Creecy, het die paneel se verslag bekend gemaak. Sy sê ‘n witskrif sal opgestel word na afloop van openbare konsultasies oor die aanbevelings: