Bank bestuurder vas vir diefstal van N$1,1m

Die Namibiese polisie sê ‘n bank bestuurder op Arandis is in hegtenis geneem op klagte van diefstal. Volgens owerhede het die 47-jarige vrou 800 000 Namibiese doller verwyder uit die bank se kluis en dit aan ‘n onbekende persoon op die B2 oorhandig. Daarna het sy 306 000 doller oorbetaal. Luidens die polisie het sy op instruksie van die onbekende persoon opgetree. Daar word verwag dat sy vandag in die Swakopmund Landdroshof sal verskyn.