Persvryheid is van kritiese belang vir demokrasie

Dis vandag die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie. Die deklarasie handel oor persvryheid en die belangrikheid van onafhanklike media in demokratiese stelsels. Wêreld Persvryheid-dag word ook vandag herdenk. Namibië het intussen ook sy top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland behou en die land is wêreldwyd, 24ste geplaas. Die Namibiese regering het sedert onafhanklikheid baie vryheid aan die pers toegelaat en terwyl daar uitdagings is met toegang tot inligting, kan Namibië se verslaggewers in ‘n veilige omgewing werk. Gwen Lister, Stigter van die Namibiese Media Trust en veteraan joernalis.