Fokus op die boere, nie die grond nie
Kenners meen dat die regering eerder geld moet bestee op bestaande hervestigde boere as om meer grond aan te koop. Die Namibiese Minister van Grondhervorming Calle Schlettwein het vroeër aangekondig dat die teiken van 5 miljoen hektaar teen 2020 nie behaal is nie en dat 1,7 miljoen hektaar nog aangekoop moet word. Die plaaslike Landbou […]
Ru-olie beweeg opwaarts
Internasionale nuusagentskappe berig dat ru-olie tans nader aan 67 Amerikaanse doller verhandel soos vertroue in aanvraag groei. Daar was vroeër kommer oor Indië, die vierde grootste invoerder van ru-olie ter wêreld, met sy ongekende tweede vlaag van Covid-infeksies. Maar, die wêreld se grootste verbruikers, wat China en die VSA insluit, vorder baie goed met inentings, […]
Reaksie op beslissing in Malawi dat doodstraf ongrondwetlik is
Die Namibiese Ombudsman, John Walters, het gereageer op die beslissing van die hooggeregshof in Malawi dat die doodstraf in die land ongrondwetlik is. Die regering van Malawi het nog nie amptelik op die hof se beslissing gereageer nie. Advokaat Walters het sy reaksie so opgesom.
GRN ondersteun vrye pers – Saara
Die Namibiese Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadila het tydens die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie en Wêreld Persvryheidsdag verwys na die land se top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland. Die land het volgens haar sedert 2013 die top posisie gehandhaaf met die uitsondering van 2018. Die […]
Geblikte leeus: nog reaksie
Die diereregte-drukgroep Four Paws South Africa verwelkom die aanbevelings in ‘n verslag oor onder meer die beleid, regulering en praktyke rakende kwessies soos die jag van, handel in en teling van diere in aanhouding. ‘n Hoëvlakpaneel beveel in die verslag aan dat Suid-Afrika nié leeus in aanhouding mag teel, aanhou of hul produkte kommersieel mag […]
NBC-werkers wag op Hage
Die werknemers van die nasionale uitsaaier staak sedert 22 April en tot op hede, is daar nog geen oplossing nie. Ihana Mbaha, werknemer by die NBC en die skakel tussen die werkers en die Napwu vakbond sê daar is niks nuuts op te rapporteer nie. Hy voeg by dat hulle wag vir terugvoer van President […]
Jongste oor Covid-verligting uitbetalings
Daar was uitdagings met die Covid-verligting wat deur die Maatskaplike Voorsieningskommissie verlede jaar uitbetaal is. Verskeie sektore wat die hardste getref is deur die pandemie het vir die betalings gekwalifiseer maar, net as hulle ten volle opbetaald was. Unomengi Kauapirura, die kommissie se Senior Bemarkings Bestuurder….
TransNamib moet dubbel soveel lokomotiewe aanskaf
TransNamib sal sy huidige lokomotief kapasiteit moet verdubbel as hy teen 2023 sy teiken van die vervoer van 3,1 miljoen ton wil bereik. Die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Johny Smith sê 86 lokomotiewe is nodig om die doelwit, wat in sy strategiese plan uiteengesit is, te bereik. Daar is tans 43 enjins. Volgens Smith […]
Eskom en sy ‘kontrakte’ van N$178 miljard
Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika en die regsfirma Bowmans het tydens ondersoeke verdagte kontrakte van 178 miljard Namibiese doller rakende Eskom uitgewys. Media berig dat baie van die kontrakte verbind word met die oprigting van die Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Die eenheid sê die 53 sake is na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Dit sluit ses Eskom-kontrakte […]
Mensregterkommissie in Australië soek antwoorde
Australië se menseregtekommissie sê hy is bekommerd oor die reisverbod op burgers van dié land wat van Indië wil terugkeer huis toe, asook die straf vir oortredings van die land se biosekuriteitswet. Indië gaan tans gebuk onder ‘n hewige tweede vlaag van Covid-19. Australië se Eerste Minister, Scott Morrison, het burgers se kanse om tronkstraf […]