Bestee eerder op boere as nuwe grond

Die Namibiese Ministerie van Landbou sê daar moet nog 1,7 miljoen hektaar bekom word om die teiken van 5 miljoen hektaar teen 2020 te haal. Die grootste uitdaging is die prys van landbougrond. Sedert 1990 het die ministerie 556 plase teen ‘n koste van 2,23 miljard Namibiese doller aangekoop. Kenners is dit eens dat die ministerie eerder klem moet lê op die rehabilitasie van grond wat aangekoop is en boere bystaan om produktief te wees, eerder as om nog grond te bekom. Voorbeelde van die volslae mislukking op plase soos Queen Sofia en Ongombo Wes word gebruik om die siening te ondersteun.