Jongste oor Covid-gevalle

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 97 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Otjiwarongo 15, Rundu 14, Grootfontein 12, Rehoboth 10, Windhoek 9 en Swakopmund 5. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 1 837 aktiewe gevalle 46 499 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 48 999. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 652.