Nkata en kie verskyn weer einde Mei

Die ondersoek na die dood van nie 9-jarige Natalie Chipomho is voltooi. Volgens die Staat is hulle gereed dat die drie beskuldigdes Edward Nkata en Rachel Kureva, Natalie se ouers, en Caroline Nkata, die vrou van Edward, pleit. Die saak sal dan oorhandig word aan die Aanklaer-Generaal vir ‘n besluit oor die klagtes. Volgens die Staat het die drie in Januarie 2020 Natalie doodgeslaan en haar half verbrande liggaam in ‘n asdrom in Windhoek Noord gegooi. Caroline het reeds skuld beken en in die Windhoek Landdroshof gesê Edward het Natalie geslaan en na haar dood, het hulle probeer om van haar oorskot ontslae te raak deur dit te verbrand. Landdros Celma Amadhila het die saak tot 28 Mei uitgestel vir ‘n voorlopige pleit-verduideliking.