Aanlyn tv-reeks oorsaak van Colonial kuberaanval
Die Colonial-pyplyn in Texas is weer oopgestel na ‘n kuberaanval vroeër die week. Die maatskappy amper die helfte van die totale brandstof aan die ooskus van die VSA. Die jongste berigte lui dat tekorte nog ‘n paar dae kan duur met brandstof tekorte so ver as New Jersey wat aangemeld is. Amerikaanse media berig dat […]
Namibië geprys vir kinderbeskerming
Namibië is uit 31 lande wêreldwyd en 9de in Afrika wat poog om kinders teen geweld te beskerm. Die Afrika Kinderbeleidsforum se Uitvoerende Direkteur, Dr. Joan Nyanyuki, prys Namibië vir sy aansluiting by die wêreldwye vennootskap om geweld teen kinders te beëindig. Doreen Sioka, Namibiese Minister van Geslagsgelykheid, Armoede-Uitwissing en Maatskaplike Welsyn, sê tydens ‘n […]
Namibiese uitvoere styg in Maart
Die waarde van uitvoere in Maart het met 6,3 persent na N$6,5 miljard gestyg teenoor die N$6,2 miljard in Februarie. Die Namibië Handelstatistieke Bulletin se verslag vir Maart het aangedui dat invoere in Maart op N$9,2 miljard met 3,1 persent verhoog het teenoor Februarie se N$8,9 miljard. Namibië se top-5 handelsvennote vir Maart is China, […]
Aussie praat met Ierse aksent ná mangeloperasie
‘n Australiese vrou ly moontlik aan vreemde-aksent-sindroom nadat sy ná ‘n mangeloperasie bygekom en met ‘n Ierse aksent begin praat het. Angie Yen sê egter sy was nog nooit in Ierland nie. Die sindroom is ‘n uiters skaars mediese toestand. Volgens ‘n studie wat in 2018 in die Journal of Neurology and Neuroscience verskyn het, […]
Doodstraf gevra vir Amerikaner
‘n Amerikaanse Staatsaanklaer sê sy gaan vra dat die 22-jarige Robert Aaron Long wat 8 mense in Maart by masseersalonne in Atlanta doodgeskiet het, die doodstraf opgelê word. Sy sê die misdaad is deur haat aangedryf. Ses slagoffers was van Oosterse herkoms.
Afluisterapparaat by 2017 ANC-konferensie
Die Suid-Afrikaanse Inspekteur-Generaal van Intelligensie by die Staatsveiligheidsagentskap, Setlhomamaru Dintwe, het aan die Staatskapingskommissie gesê die agentskap het beplan om ‘n afluisterapparaat aan te skaf om tydens die 2017 ANC-konferensie by Nasrec in Johannesburg te gebruik. Dinkwe sê die gewone prys vir die toestel was N$7 miljoen, maar die agentskap wou ‘n verhoogde prys van […]
Mandela se agterkleinseun wil polisie dagvaar
Suid-Afrikaanse Oud-president Nelson Mandela se agterkleinseun beplan om die polisie te dagvaar nadat hy verlede week in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is. Mayibuye Mandela beweer polisielede het hom aangerand toe hy op pad huis toe was naby Mthatha. Hy sê hy en sy reisgenote het saamgewerk toe die polisie die motor gestop en deurgesoek […]
SA Sionistiese Federasie nie vir sanksies teen Israel
Rowan Polovin van die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie is nie ten gunste van stafmaatreëls teen Israel te midde van die jongste konflik met Hamas nie. Hy sê sanksies en boikotte bring nie vrede nie en kan Suid-Afrika skaad, omdat Israel in die buurland belê.
Kaza brandpuntgebied vir mens-dier-konflik
Die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied is ‘n brandpuntgebied vir mens-dier-konflik, sê die Namibiese Omgewingsminister, Pohamba Shifeta. Hy sê uit die 1 486 voorvalle wat verlede jaar gerapporteer is, het 585 voorvalle van mens-dier-konflik in die streke van Zambezi en Kavango-Oos en Kavango-Wes voorgekom. Hy sê sy Ministerie probeer alles om die uitdagings van mens-dier-konflik in Kaza te […]
Namibië, EU goeie handelsvennote
Namibië en die Europese Unie is langtermyn vennote, sê die EU se Ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila. Die EU is ‘n belangrike uitvoermark vir Namibië met Namibiese goedere ter waarde van N$19 miljard wat in 2019 na die EU uitgevoer is. Dit sluit landbou- , vissery en mynbouprodukte in. Twaku Kayofa, die EU se Kommunikasiebeampte […]