Namibië geprys vir kinderbeskerming

Namibië is uit 31 lande wêreldwyd en 9de in Afrika wat poog om kinders teen geweld te beskerm. Die Afrika Kinderbeleidsforum se Uitvoerende Direkteur, Dr. Joan Nyanyuki, prys Namibië vir sy aansluiting by die wêreldwye vennootskap om geweld teen kinders te beëindig. Doreen Sioka, Namibiese Minister van Geslagsgelykheid, Armoede-Uitwissing en Maatskaplike Welsyn, sê tydens ‘n opname van 2019 is bevind byna twee uit vyf vroue en mans tussen 18 en 24 het fisieke, seksuele of emosionele mishandeling in hul kindertyd beleef. Gemeenskaps-aktivis Rosa Namises stem nie saam dat Namibië oor kinderveiligheid geprys moet word nie. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.