Aussie praat met Ierse aksent ná mangeloperasie

‘n Australiese vrou ly moontlik aan vreemde-aksent-sindroom nadat sy ná ‘n mangeloperasie bygekom en met ‘n Ierse aksent begin praat het. Angie Yen sê egter sy was nog nooit in Ierland nie. Die sindroom is ‘n uiters skaars mediese toestand. Volgens ‘n studie wat in 2018 in die Journal of Neurology and Neuroscience verskyn het, is daar wêreldwyd net 80 mense met dié kwaal. Mense doen die sindroom blykbaar op na een of ander soort breinbesering.