Doodstraf gevra vir Amerikaner

‘n Amerikaanse Staatsaanklaer sê sy gaan vra dat die 22-jarige Robert Aaron Long wat 8 mense in Maart by masseersalonne in Atlanta doodgeskiet het, die doodstraf opgelê word. Sy sê die misdaad is deur haat aangedryf. Ses slagoffers was van Oosterse herkoms.