Afluisterapparaat by 2017 ANC-konferensie

Die Suid-Afrikaanse Inspekteur-Generaal van Intelligensie by die Staatsveiligheidsagentskap, Setlhomamaru Dintwe, het aan die Staatskapingskommissie gesê die agentskap het beplan om ‘n afluisterapparaat aan te skaf om tydens die 2017 ANC-konferensie by Nasrec in Johannesburg te gebruik. Dinkwe sê die gewone prys vir die toestel was N$7 miljoen, maar die agentskap wou ‘n verhoogde prys van N$45 miljoen betaal. Hy sê onthullings ná die konferensie waarin president Cyril Ramaphosa as partyleier gekies is, het aan die lig gebring dat lede van die SSA op ‘n stadium uit die gebied verwyder is. Setlhomamaru Dintwe is aan die woord.