Aanlyn tv-reeks oorsaak van Colonial kuberaanval

Die Colonial-pyplyn in Texas is weer oopgestel na ‘n kuberaanval vroeër die week. Die maatskappy amper die helfte van die totale brandstof aan die ooskus van die VSA. Die jongste berigte lui dat tekorte nog ‘n paar dae kan duur met brandstof tekorte so ver as New Jersey wat aangemeld is. Amerikaanse media berig dat Colonial se rekenaar stelsel nie aan die internet gekoppel was nie en dus het die bestuur dit as veilig beskou maar, ‘n nagskof werker het sy werkstoestel aan die internet gekoppel om aanlyn na ‘n televisie reeks te kyk en dit is hoe kuberkrakers toegang tot die stelsel gekry het.