Namibiese uitvoere styg in Maart

Die waarde van uitvoere in Maart het met 6,3 persent na N$6,5 miljard gestyg teenoor die N$6,2 miljard in Februarie. Die Namibië Handelstatistieke Bulletin se verslag vir Maart het aangedui dat invoere in Maart op N$9,2 miljard met 3,1 persent verhoog het teenoor Februarie se N$8,9 miljard. Namibië se top-5 handelsvennote vir Maart is China, Suid-Afrika, Botswana, die Verenigde Arabiese Emirate en Kanada. Namibiese Ekonoom Cheryl Emvula verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat dit beteken vir die gewone Namibiër op straat.