Mandela se agterkleinseun wil polisie dagvaar

Suid-Afrikaanse Oud-president Nelson Mandela se agterkleinseun beplan om die polisie te dagvaar nadat hy verlede week in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is. Mayibuye Mandela beweer polisielede het hom aangerand toe hy op pad huis toe was naby Mthatha. Hy sê hy en sy reisgenote het saamgewerk toe die polisie die motor gestop en deurgesoek het. Hulle het egter geweier om op die grond te lê. Mandela sê hy is geskop en daar is ‘n snywond bokant sy linkeroog nadat hy met ‘n stok geslaan is. Hy het reeds ‘n klag by die plaaslike polisiekantoor gelê.