Namibië, EU goeie handelsvennote

Namibië en die Europese Unie is langtermyn vennote, sê die EU se Ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila. Die EU is ‘n belangrike uitvoermark vir Namibië met Namibiese goedere ter waarde van N$19 miljard wat in 2019 na die EU uitgevoer is. Dit sluit landbou- , vissery en mynbouprodukte in. Twaku Kayofa, die EU se Kommunikasiebeampte gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die visie van vennootskappe tussen die EU en Namibië.